Besprekings: Klik Hier

Kleine Paradys

Vakansie akkommodasie teen die Bergrivier (Moravia), 13km vanaf Piketberg.

KAMPERING: Alle kampeerstaanplekke het privaat ablusies en is geleë op die wal van die Bergrivier. Daar is ook lankstaan-kampering en selfsorg-huisies beskikbaar. Ons geriewe sluit warmwater swembaddens, 'n glybaan, putt-putt en vele meer in.

Geen dagbesoekers toegelaat nie!

Besprekings slegs per epos asseblief. Vir navrae skakel die kantoor, Maandag tot Vrydag.

084 206 3190

Kredietkaartfasiliteite beskikbaar.

Akkommodasie


Alle staanplekke en huisies het krag en `n uitsig op die rivier! Huisies is ten volle toegerus en het lugreëling!

Bloekompark

HOOFPARK


Elke staanplek het sy eie badkamer, is op plaveisel, het `n eie braaiplek en kragpunt.


Huisies


Twee ten volle toegeruste selfsorg-huisies met lugreëling
en 'n uitsig oor die rivier, elk geskik vir 2 tot 4 gaste.
Ideaal vir 'n rustige wegbreek.


Rivierpark


Elke staanplek het sy eie badkamer, is op plaveisel met skadunet oor en 'n braaidrom en kragpunt.

Rivierpark 1A, 1B en 2 is Diere/Kinder vriendelik - heeltemal omhein met eie ablusie op gras.

Rivierpark 3A,3B, 4, 5, 6A, 6B is beskikbaar vir kort of lankstaan-kampering (1 maand en langer).

Slegs 3A en 3B is dierevriendelik (skoothondjie).

By hierdie staanplekke is daar ook `n gesamentlike waskamer (laundry) beskikbaar,

asook `n rolstoelvriendelike badkamer.

Fasiliteite

Onderdak warmwater swembaddens en meer!

Promosies

Kyk na alle beskikbare promosies

Aanwysings

Kry GPS koördinate en `n kaart

× Zoomed image