Rivierpark


Rivierpark bestaan uit 20 kampeerstaanplekke al langs die wal van die Bergrivier.
Elke staanplek is geplavei en beskik oor 'n skadunet, privaat ablusie met opwas geriewe, braaidrom en kragpunt.

Geselekteerde staanplekke is troeteldier- en kindervriendelik,
terwyl ander geskik is vir lankstaan-kampering.

'n Gesamentlike waskamer is beskikbaar, asook 'n rolstoelvriendelike badkamer.

Besprekings: Klik Hier

Rivierpark nr. 1A en 1B


Troeteldier- en kindervriendelik!

Hierdie twee staanplekke is geplavei, onder skadunet en is altwee heeltemal omhein. Elke staanplek het sy eie ablusie, opwas geriewe, braaidrom en kragpunt.


Rivierpark 1A (9m x 11m)
Rivierpark 1B (9m x 13m)

Picture of Rivierpark no. 1A and 1B

Rivierpark nr. 2


Troeteldier- en kindervriendelik

Rivierpark 2 is heeltemal privaat en ideaal vir 'n groot gesin.
Die staanplek is omhein met eie ablusie, opwas geriewe, vuurput, braaidrom en kragpunt.


Grootte is 14m x 18m (Plaveisel 6m x6m)

Rivierpark nr. 3A, 3B, 4, 5, 6A, 6B


Al hierdie staanplekke is geskik vir beide kort asook lankstaan-kampering.

Elke staanplek is geplavei met 'n skadunet oor, toeregus met eie badkamer, opwas geriewe, braaidrom en kragpunt.

"Porta Potti" wegdoenpunt beskikbaar asook waskamer geriewe.


Hierdie staanplekke se grootte is 11m breed x 9m diep,
en het 3m gras voor aan die rivier se kant.

Picture of Rivierpark no. 7A and 7B

Rivierpark nr. 7A en 7B


Rivierpark 7A en 7B is dubbele familiestaanplekke,
geskik vir 2 karavane of 2 gesinne.

Die staanplekke is geplavei, onder skadunet met eie ablusie, opwas geriewe, braaidrom en kragpunt.


Rivierpark 7A (12m x 9m)
Rivierpark 7B (12m x 10m)

Rivierpark nr. 8


Rivierpark 8 is 'n dubbele familiestaanplek, geskik vir 2 karavane of 2 gesinne.

Die staanplek is omhein met eie ablusie, opwas geriewe,
vuurput, braaidrom en kragpunt.


Rivierpark 8 (11m x 15m)

Picture of Rivierpark no. 8
Picture of Rivierpark 9A-12B

Rivierpark 9A - 12B


Elke staanplek het sy eie badkamer, is op plaveisel met 'n skadunet oor en het 'n braaidrom, kragpunt en opwas geriewe.

Langs Rivierpark 12B is daar 'n klein klimraam vir die kinders.


Staanplek groottes is almal 9m x 6m.

× Zoomed image