Besprekings: info@kleineparadys.co.za

Besprekings SLEGS deur e-pos asseblief.

BELANGRIK

Ons het die volgende inligting nodig om `n bespreking te kan doen:

  • Datums van kamp (aankoms en vertrek)
  • Akkommodasie/staanplek (indien jy weet)
  • Getal persone bo 6 jaar/getal persone onder 6 jaar.
  • Waarmee kom u kamp, tent of karavaan? Indien karavaan, verskaf asseblief fabrikant en model.
  • Selnommer
  • Is u `n Pensioenaris? (Pensioenaris afslag geld nie vir naweke en skoolvakansies nie)

Algemene inligting wat ons baie sal help om flinker diens te lewer:

Die besprekingskantoor is oop Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 16:00.

Voorsien asseblief bogenoemde inligting met elke bespreking sodat ons vir u die regte staanplek kan toewys. Selfs waarmee u kamp is belangrik, bv. dubbel-as karavane kan nie op alle staanplekke pas nie.

Meer as een persoon werk met die besprekings en wanneer iets per foon bespreek word, is daar geen rekord om op terug te gaan nie, daarom is dit noodsaaklik om alle inligting op epos ge hê.

Ons ontvang baie eposse en oproepe elke dag, so partykeer staan eposse oor tot die volgende dag. Wees asb geduldig! Ons is `n werkende plaas. Ons sal poog om binne 24 tot 48 uur terugvoering te gee op navrae.

Wanneer u reeds `n faktuur ontvang het, gebruik asb die faktuur nr. as verwysing op elke betaling en elke epos, of wanneer u skakel. Sit die besprekingsdatum by navrae en veranderinge, dan kan dit baie vinniger gedoen word.

Vra beskikbare datums per epos aan en gee indien moontlik meer as een datum, dan sal ons na u terugkom. Hou in gedagte dat daar `n moontlikheid is dat datums intussen reeds gevul kan wees.

Maak asb seker van u datums voordat u bespreek (of een van u gesin nie reeds 'n ander afspraak het nie). Sit die getal persone op waarvan u seker is, want ons kan die getal nie verminder en faktuur verander wanneer u inboek nie. `n Administratiewe fooi van R80 sal gehef word vir veranderinge wat aangebring moet word op faktuur.

Slegs twee herinnerings sal uitgestuur word om laat betalings te voorkom. Gaste moet asseblief self rekord hou van hul betaaldatums op die faktuur om enige ongerief te vermy.

Almal wat inboek ontvang 'n inligtingsbrief met noodsaaklige inligting vir die naweek of week. Kontakbesonderhede van die persoon aan diens is hier beskikbaar vir enige noodgevalle.

Geen WhatsApp asseblief, tensy u glad nie toegang tot internet het nie, dan kan dit met die kantoor rereel word.

Oordreëls

  1. Maak seker dat vure geblus, gas toegedraai, lugreëlings en elektriese komberse afgeskakel is wanneer die huisies verlaat word.
  2. Indien iets breek, beskadig of foutief is, meld aan by kantoor of by persoon aan diens.
  3. Alle aktiwiteite en gebruik van die swembaddens, rivier en dam is op eie risiko. Ouers is verantwoordelik om toesig te hou oor hulle kinders.
  4. Geniet die natuur, maar wanneer jy stap, hou op die paaie.
  5. Spoedbeperking is STRENG 20km/uur ter wille van kinders, diere en die stofpaaie.
  6. Alle skottelgoed in Huisies MOET gewas wees voor vertrek.
  7. GEEN HOORBARE MUSIEK WORD TOEGELAAT EN STILTE NA 22H00.
  8. Alkohol mag slegs gebruik word op u kampplek / akkommodasie waar u geboek is. Die gebruik van alkohol op alle ander plekke en publieke areas is verbode.
  9. Geen terugbetalings op vermindering van persone/nagte, of krediet van enige aard sal toegestaan word op veranderinge wat by aankoms gemaak word nie.
  10. Honde (of enige ander troeteldiere) word slegs toegelaat op die toegewysde troeteldier-vriendelike staanplekke (Rivierpark 1A,1B en 2) en moet aan leibande wees indien u met hulle gaan stap.

Indien die reëls nie nagekom word nie, sal ons die reg hê om u te vra om die oord te verlaat sonder enige terugbetaling

U samewerking word waardeer.

Tariefinligting

Kampering:

Per nag per persoon

Per nag per kind 6 jaar en onder

Pensioenaris afslag per nag (met ID bewys), geld nie oor naweke/langnaweke/skoolvakansies, behalwe Junie/Julie Skoolvakansie.

Huisies:

Per nag vir 4 persone

Tariewe is onderhewig aan prysveranderinge.

Besprekingreëls:

  • 'n Minimum van 3 tot 4 nagte afhangende van vakansiedae
  • Besprekings oor Desember/Januarie moet 'n minimum van 14 dae vir kampering wees, en minimum van 7 dae vir huisies.
  • Besprekings vir naweke moet vir 'n minimum van 2 nagte en `n minimum van 2 persone per staanplek wees.
  • Geen pensioenariskorting oor naweke, langnaweke en skoolvakansies nie.
  • Besprekings slegs per e-pos asseblief.
  • Geen dagbesoekers toegelaat nie.
  • Besprekingsnavrae slegs gedurende kantoorure: Maandae tot Vrydae tussen 09h00 en 16h00.

As u die bogenoemde inligting gelees het, stuur epos aan:

Kantoor (Celeste / Maureen): info@kleineparadys.co.za

Besprekings slegs deur e-pos, asseblief!

Besprekings word slegs op Maandae tot Vrydae gedoen tydens kantoorure vanaf 09h00 tot 16h00.

Vir navrae, bel ons:

Kantoor (Celeste / Maureen): 084 206 3190

Aankoms- en Vertrektye

Aankoms

  • INBOEKTYD SLEGS TOT 19h00 (tensy anders met kantoor gereël)
  • Huisies: elke dag om 15h00
  • Kampering: elke dag om 12h00

Vertrek

  • Vertrektye by huisies en kampering: Maandae tot Vrydae om 10h00. Sondae, buite seisoen om 14h00, binne seisoen om 10h00.

Beleid ten opsigte van kansellasies:

  • Geen terugbetalings sal gedoen word nie, maar `n verskuiwing kan gedoen word wanneer omstandighede buite jou beheer plaasvind, maar ons moet ten minste 10 dae voor aankoms datum per epos in kennis gestel word.
  • Kansellasies kan gedoen word indien daar `n noodgeval van siekte of hospitalisasie plaasvind en dan kan die bespreking verskuif word na `n ander datum. `n Doktersbrief of Hospitaal toelatingsvorm moet aan ons ge epos word.
  • `n Nuwe besprekingsdatum moet binne 7 dae na kansellasie aan ons ge-epos word.
  • Alle nuwe besprekings (op `n kansellasie) moet binne 2 maande van die oorspronklike datum van aankoms geneem word. Dit sal nie noodwendig dieselfde nommer staanplek of huisie wees nie, maar wel dit wat beskikbaar is. Indien daar nie binne 2 maande plek beskikbaar is nie, sal die volgende beskikbare datum aan u deurgegee word.
  • Vir Desember skoolvakansie, asook Paasnaweek kan besprekings ongelukkig nie gekanselleer of geskuif word da 'n ander datum nie.
  • PAASNAWEEK: Geen besprekings kan geskuif of gekanselleer word na 31 Januarie nie.
    DESEMBER SKOOLVAKANSIE: Geen besprekings kan geskuif of gekanselleer word na 30 September nie.

Indien bogenoemde punte nie nagekom word ten opsigte van kansellasies nie, sal u ongelukkig u betalings verloor.

U samewerking sal opreg waardeer word. Baie dankie.

× Zoomed image