Bloekompark

HOOFPARK


Kampstaanplekke 1-6 is almal geplavei en beskik elk oor 'n privaat ablusie, 'n kragpunt en 'n braaiplek, met gesamentlike opwasgeriewe wat gedeel word.

Staanplekke 7-13 is ook geplavei met skadunette en beskik elk oor eie privaat ablusie, kragpunt, braaiplek en eie opwas. Daar is ook ekstra ruimte vir 'n voertuig.

GEEN LANKSTAAN-KAMPERING

Besprekings: Klik Hier
Picture of Bloekompark no. 1 and 2

Bloekompark nr. 1 en 2


Dubbele familiestaanplekke vir 2 karavane/2 gesinne.

Op eerste terras op plaveisel, onder groot bome, met eie ablusie, geboude braai en eetplekkie en gesamentlike opwasplek.

Nie geskik vir heelgroot dubbelas karavane nie, a.g.v steilte (10x11m elk)

Bloekompark nr. 3 en 4


Hierdie twee staanplekke is op die eerste terras, is geplavei, en het elkeen sy eie ablusie met gesamentlike opwasplek.

Die staanplekke is nie geskik vir groot of dubbel-as karavane nie, maar slegs vir tente of kleiner karavane en kampwaentjies.

Ruimte nr. 3 is 5.8m breed x 6m diep + addisionele plek vir voertuig
Ruimte nr.4 is 5.6m breed x 8m diep (langs staanplek addisionele tentspasie van 4m breed en 6m diep).

Picture of Bloekompark no. 3 and 4
Picture of Bloekompark no. 5

Bloekompark nr. 5 en 6


Die twee staanplekke is op die tweede terras, is geplavei, en het elkeen sy eie ablusie met gesamentlike opwasplek.

Ruimte nr. 5 (5.8m breed x 8m diep):
Geskik vir 'n klein karavaan, kampwaentjie of tent (nie vir dubbel-as karavane nie).

Ruimte nr. 6 (8m breed x 8m diep):
Geskik vir dubbel-as en groter karavane.

Bloekompark nr. 7-13


Sewe geplaveide staanplekke op die tweede terras, onder skadunette, elk met eie ablusie en eie opwasplekkie.

Met nog ruimte vir u motor daarby.

  • Ruimte nr. 7 (11m breed x 8m diep)
  • Ruimtes nr. 8, 9 en 10 (8m breed x 8m diep)
  • Ruimte nr. 11 (8.5m breed x 8m diep)
  • Ruimtes nr. 12 en 13 (breedte 10m elk)

Geskik vir dubbel-as en groter karavane.

Picture of Bloekompark no. 1 and 2
Picture of Bloekompark Zero

Bloekompark Zero


PRIVAAT LUUKSE STAANPLEKKE

Hierdie staanplek is baie privaat en bied 'n geplaveide area met grasperk onder 'n skadunet.
Zero het het ook sy eie ablusie en opwasplekkie, asook 'n geboude braai.

Bloekompark Zero (8.6m breed x 6m diep)

Nie geskik vir dubbel-as karavane nie.

HOU SPASIE DOP!
Staanplekke Zero 1 en Zero 2 binnekort beskikbaar!

× Zoomed image