Kleine Paradys
Vakansie akkommodasie teen die Bergrivier (Moravia), 13km vanaf Piketberg.
Ons is ’n Christen-georiënteerde oord wat ingestel is op die gesinslewe. Ons probeer om 'n rustige atmosfeer te skep sodat mense die natuur kan geniet en die roep van die visarend kan hoor.
KAMPERING: Alle kampeerstaanplekke het privaat ablusies en is geleë op die wal van die Bergrivier. Daar is ook lankstaan-kampering en selfsorg-huisies beskikbaar. Ons geriewe sluit warmwater swembaddens, 'n glybaan, putt-putt en vele meer in.
Geen dagbesoekers toegelaat nie!
Besprekings slegs per epos asseblief. Vir navrae skakel die kantoor, Maandag tot Vrydag.
084 206 3190
Kredietkaartfasiliteite beskikbaar.